Potchefstroom Herald - Potchefstroom 4.11

Corner Govan Mbeki and Piet Uys
Potchefstroom, 2531
South Africa
Download vCard Share
Add Review

About Potchefstroom Herald

Potchefstroom Herald Potchefstroom Herald is one of the top rated place listed as Media/News Company in Potchefstroom ,

How to contact Potchefstroom Herald ?

More about Potchefstroom Herald

Die eerste Herald het op 1 Mei 1908 die lig gesien. Die koerant is deur ‘n mnr. C.V. Bate begin. Ander koerante wat deur die loop van jare in Potchefstroom ontstaan het, is deur hom oorgeneem en by die Herald ingelyf. Lees meer hieroor in ‘n ander berig.

Bate het die koerant in 1957 aan ‘n mnr. Ralph Fallows verkoop en in 1959 is die Herald deur ‘n maatskappy, die Potchefstroom Press, oorgeneem.

In 1972 is die maatskappy se naam verander na Potchefstroom Pers Publikasies met mnr. Schalk Hoogenboezem as besturende direkteur. In dié tyd het die maatskappy se groep koerante bestaan uit die Potchefstroom Herald, die Carletonville Herald (gestig in 1963) en die Wes-Transvaal en OVS-Herald.

Aan die begin van 1980 word die volgende groot hoofstuk in die geskiedenis van die Potchefstroom Herald en sy susterskoerante geskryf. Die Herald word verkoop en word deel van Nasionale Pers.

Die Herald-groep het toe die volgende publikasies uitgegee: die Potchefstroom Herald (twee keer per week), die Carletonville Herald (een keer per week) en die Wes-Transvaal en OVS Herald (Wes) en Snuffelgids (een keer per week) as bylaes in die Potchefstroom en Carletonville Herald. Seipone, ‘n publikasie gerig op die swart woongebiede van Potchefstroom en Carletonville, is een keer per maand uitgegee.

Die streek wat toe deur die koerante bedien word sluit die volgende plekke in: Potchefstroom, Carletonville, Fochville, Ventersdorp, Parys, Viljoenskroon, Bothaville, Koppies en Vredefort. Laasgenoemde vyf is bereik deur die invoeging van die steekbylaes Wes en Snuffelgids.

Wes is later mee weggedoen en die Snuffelgids is later uit die Vrystaatse dorpe onttrek omdat dit nou deur ander koerante in die Naspers-stal bedien word. In 1996 is die sogenaamde Dinsdag Herald verander na ‘n gratis koerant met die naam Herout.

In 1997 is die Herout vervang deur die aankoop van ‘n opposisie koerant, die Noordwes Gazette.

In 1999 het ‘n nuwe era in die geskiedenis aangebreek toe die Herald deel geword het van MooiVaal Media, uitgewers van twaalf gemeenskapskoerante, waarvan drie in Noordwes, naamlik die Potchefstroom Herald, Carletonville Herald en Noordwes Gazette. Die res van die groep se koerante is in die Vaaldriehoek. MooiVaal Media behoort gesamentlik aan Media24, ‘n filiaal van Naspers en Caxton, die eienaar van tientalle gemeenskapskoerante landwyd.

Where is Potchefstroom Herald located ?

TOP10 PLACES NEAR TO POTCHEFSTROOM HERALD

Updates from Potchefstroom Herald

Review Potchefstroom Herald

   Loading comments-box...