Laeveld Agrochem - Pretoria 4.29

4.7 star(s) from 29 votes
410 Rigel Ave
Pretoria, 0010
South Africa

How to contact Laeveld Agrochem ?

More about Laeveld Agrochem

In vandag se mededingende en onvoorspelbare landboubedryf is dit uiters belangrik om die kaf van die hooi te skei – vooruit boer is immers sinoniem met góéie besluitneming.Soos mens uit die naam kan aflei, het ons stigterslede nie aanvanklik besef dat Laeveld sy geografiese nate só vinnig sou ontgroei nie. Waar ons aan die begin primêr in die Noordelike en Oostelike dele van ons land diens gelewer het, het strategiese vennootskappe en samewerkingsooreenkomste ons in staat gestel om Laeveld met rasse skrede te herposisioneer.

Vandag strek Laeveld Agrochem se bedryfsarms dwarsoor die ganse Suidelike Afrika – ‘n landboukundige ondersteuningsdiens waarmee deeglik rekening gehou moet word.

Laeveld Agrochem is gesteld op die sorgsaamheid waarmee ons die grootste verskeidenheid top gehalte gewasbeskermingsprodukte in ‘n uitgebreide reeks kategorieë aan ons klante beskikbaar stel:
- Adjuvante
- Biologiese produkte
- Swamdoders
- Onkruiddoders
- Insekdoders
- Grondverrykings produkte
- Dieregesondheid

Ons uitgebreide netwerk handelaars en takke word onderhou deur ‘n span hoogs gekwalifiseerde deskundiges in gewasbeskerming – trouens, elkeen van hulle is ten volle geakkrediteer deur die Association of Veterinary and Crop Associations of South Africa, oftewel AVCASA. Hierdie span gebruik slim innovasies, sagteware en toerusting wat hulle in staat stel om akkurate analises van plase se sterkpunte, leemtes en spesifieke tekortkominge te doen. Daarbenewens word gedetailleerde aanbevelings vir sowel regstellende as proaktiewe maatreëls gemaak – sódoende word verseker dat elke hektaar sy maksimum opbrengs lewer.

Individuele strategieë word ook gedoen, enersyds om oeste te maksimaliseer en andersyds om gesonde oeste te verseker, insluitend:
- Sitrus
- Graan gewasse
- Aartappels
- Subtropiese Vrugte
- Druiwe en steenvrugte
- Neute
- Groente
- Koring
- Tabak

Laeveld Agrochem se nasionale reikwydte is kompléét. Elke bedieningsarea verpersoonlik ons fokus op persoonlike en volhoubare diens aan elkeen van ons klante. Ons span professionele mense is nie net geskool in die wetenskap van gewasbeskerming nie – meer nog, hulle vat elke liewe dag eienaarskap van Laeveld Agrochem se besigheidsfilosofie van langtermyn persoonlike verhoudings. Dít, in eenvoudige taal, beteken dat ons geen kompromieë oor standaarde aangaan nie… en dat ons diens en wêreldklas kundigheid net so mededingend soos die pryse van ons kwaliteit produkte moet wees.

Inderdaad, ons stel hoë eise aan onsself want sien, ons meet onsself aan ons klante se langtermyn resultate. Dít is die Laeveld-manier… dis hoe ons samewerking tot nuwe hoogtes vat.

Die moderne sakeman verstaan die belangrikheid van wins, maar hy verstaan ook die waarde van volhoubaarheid. In ‘n wêreld van kitsbevrediging en ondeurdagte oplossings, is dit ongetwyfeld die geduldige strateeg, die moderne sakeman, wat die waarde van ‘n sinvolle vennootskap verstaan en sy besigheid daarvolgens inrig. Vir Laeveld Agrochem, is jóú sukses sonder twyfel die maatstaf waarmee ons ons eie sukses meet.

Where is Laeveld Agrochem located ?

TOP10 PLACES NEAR TO LAEVELD AGROCHEM

Updates from Laeveld Agrochem

Review Laeveld Agrochem

   Loading comments-box...